Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Om van die duurste motors ter wêreld in een ry te sien staan, is nie 'n alledaagse gebeurtenis nie. Mosselbaaiers kon egter op Dinsdag, 5 November hierdie voorreg beleef toe 12 McLaren-spogmotors by die parkering voor die Dias Museum intrek.
Volgens Domenique Cruz, 'n woordvoerder van McLaren, kom ses van die voertuie uit Engeland en die res vanaf Europa.
Die voertuie is deur McLaren na Suid-Afrika gebring vir 'n toer deur die Tuinroete. Volgens Cruz het al die voertuie vanaf Port Elizabeth vertrek onderweg na Kaapstad.
Hul verposing in Mosselbaai was een van vele aangesien hierdie masjiene redelik "dors" is. Afhangende van die model, kan so 'n sportmotortjie jou enigiets van R3miljoen tot in die omgewing van R21miljoen uit die sak jaag.
Fotogalery: Mclaren's voor Diaz Museum
Al 12 die McLarens is in privaat besit. Die Spider-model kan van 0 tot 97km/h in slegs 2.9 sekondes versnel en het 'n topsnelheid van 341km/h. Dit is ook toegerus met 'n sewespoedratkas.
Kyk 'n video hieronder:
Twaalf peperduur McLarens in die Dias Museum se parkeerarea. Foto: Jannie du Plessis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'