SPORTNUUS - Wie het gesê daar is nie vis in ons waters nie? Andries Stander het die afgelope naweek die monster kabeljou by Derdestrand op Danabaai gevang.
Die kabeljou het die skaal op 57,8kg getrek.
Stander het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat hy galjoen wou gaan vang en het sommer 'n kolstert fillet aan die hoek gehad toe die ou grote byt.
Hy het so tussen 30 tot 45 minute met die vis gespook.
Stander, wat gereeld visvang, het die dag op Danabaai besluit aangesien die ander visvangplekke se water baie vuil was met die riviere wat afgekom het ná die reën.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’