MOSSELBAAI NUUS - Vir die onderrigpersoneel van Protea-Kleuterskool op Albertinia was die eerste skooldag van 2018 'n dag van troos en kalmeer.
Die nuwe kleingoed wat Maandag vir skool aangemeld het, het baie gehuil.
Op elke onderwyseres se skoot het een tot twee kindertjies gesit en snik soos hulle na hulle mammies verlang het.
Korrespondent Heinrich Fortuin het Dinsdag gaan inloer en berig die onderrigpersoneel het dit nie maklik gehad nie.
Namate die dag verloop het, het die nuwe leerdertjies darem kalmer geraak.
Die Protea-kleuterskool op Albertinia
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'