MOSSELBAAI NUUS - 'n Skoolhoof wat alles probeer om omstandighede vir sy oorvol skool se leerders te verbeter se drome van 'n speelgrond vir die kinders het 'n belangrike stap gevorder.
Onlangs het die skool die inkoop van plaaslike kontrakteurs gekry om grondwerke te doen wat onder meer die verskuiwing van talle baie groot rotse en die voorsiening van bogrond behels.
Tans huisves die skool, wat aanvanklik deur PetroSA vir 800 leerders opgerig het, meer as dubbeld hierdie getal en beskik die kinders nie oor 'n area waar hulle veilig kan speel nie.
Verskeie versoeke aan die relevante owerhede op provinsiale en nasionale vlak het nie die gewenste resultate gehad nie, en die skoolhoof, mnr Nicolas Gertse en die munisipale uitvoerende bestuur het besluit om plaaslike besighede te vra om 'n bydrae te maak om die projek gestalte te gee.
Petrie van Zyl van Move It Civils, Klasie Lategan van Urhwebo e-Transand en Hernie Terblanche van Henra het onderneem om die skool by te staan en sal binnekort met die aanvangswerk van die projek, wat oor verskeie stadia sal vorder, te begin.
Enige borge wat deel wil vorm van die projek, word versoek om Colin Puren, die uitvoerende bestuurder in die kantoor van die munisipale bestuurder (044 606 5000) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'