MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route Saints gaan vanjaar oudergewoonte weer aan die Hot Summer Touchies, wat vanjaar reeds vir die vyftiende keer aangebied word, deelneem.
Een van die hoogtepunte op laaste toer was toe die span op Stilbaai aangewys is as die Challenge-kampioene.
Vanjaar, sê hul bestuurder, Dawid Kamfer, is hulle oorgehaal om selfs beter te presteer.
Kamfer het sy dank teenoor die speaker, raadsheer Petru Terblanche uitgespreek wat die span se pette geborg het.
"Hierdie jong manne sal as ambassadeurs vir Mosselbaai, trots die Kwêla Dorp van die Jaar, tydens hierdie toernooi optree.
"Die Dorp van die Jaar-kenteken pryk op die pette wat elke speler tydens die toernooi sal dra."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'