GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van besigheidsroof nadat 'n spazawinkel gistermiddag op Wolwedans beroof is.
Polisiewoordvoerder, Sersant Laurianne Botha sê 'n man het in die winkel ingegaan en 'n kapmes op die toonbank neergesit waarna hy 'n sakkie aartappels gesteel het.
Die verdagte het daarna inwoners wat buite die winkel gestaan het genooi om hulself met goedere in die winkel te help.
Die polisie het by die toneel opgedaag en die verdagte/s het gevlug en is steeds op vryevoet.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'