MOSSELBAAI NUUS - Indien jy planne het om op Werkersdag agteroor te sit, kan jy dit gerus doen vir 'n goeie doel.
Die gemeenskap word genooi om op Saterdag, 1 Mei 'n kankerbewusmakingsgeleentheid by te woon, wat ook as 'n fondsinsamelingsgeleentheid sal dien.
Van die fondse sal aangewend word vir Aldrich Kruger (12), 'n plaaslik bekende jong kankervegter van Mosselbaai se mediese behandeling.
Aldrich is 'n leerder aan Laerskool Park en ly aan papillêre skildklierkanker.
'n Spoggeleentheid waar 'n heerlike spyskaart voorgesit sal word, word by Salt & Copper in Hartenbos aangebied. Die geleentheid begin om 15:00 en loop ten einde op 17:00. Koste is R200 per persoon en sluit die ete asook 'n bottel wyn in.
'n Veiling word ook aangebied om verdere fondse te in.
Cornelle Carstens, nuusredakteur van die Mossel Bay Advertiser en humorverteller, tree as progamleier om.
Besprekings kan by Anco Barker gedoen word (082 576 0626).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'