MOSSELBAAI NUUS - Die Paul Draay-sopkombuis het onlangs hulle eerste verjaarsdag gevier.
Hierdie sopkombuis was die droom van wyle Paul Draay, 'n Mosselbaaier en militêre veteraan. Draay het 'n hart gehad vir kinders en kon nie toesien dat hulle honger moet ly nie.
Sopkombuise was gedurende die grendeltyd in die spervuur om nie hulle broodnodige werksaamhede te kan volhou nie. Danksy 'n aansoek deur die Demokratiese Alliansie en nie-winsgewende organisasie 1 000 Women Trust, het die hooggeregshof beslis dat sopkombuise die reg het om vrylik behoeftiges by te staan, ook in grendeltyd.
Tydens die verjaarsdag op Woensdag, 24 Junie is daar 'n klein geselligheid met koek en al gehou uit dankbaarheid vir die afgelope jaar se seën.
William Sam, militêre veteraan wat in 2019 'n boek uitgegee het oor sy wedervaringe as bruin soldaat, was 'n kameraad van Draay. Om Draay te vereer, het Sam 'n pragtige raam met 'n militêre baadjie en 'n foto van Draay aan sy weduwee, Marlene oorhandig.
William Sam oorhandig 'n geraamde militêre baadjie saam met 'n foto van sy kameraad, wyle Paul Draay aan Draay se weduwee, Marleen en dogter, Chamonre. Saam op die foto is nog 'n oud-soldaat, Niklaas Booisen. Foto: Donovan Poole
Marleen Draay (links) en Jeanette Sam by die verjaarsdagkoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'