MOSSELBAAI NUUS - Bykans 'n halfjaar al maak Ignacia Solomon 'n daadwerklike verskil in die gemeenskap.
Sy het 24 weke gelede die CDC Shepherd Soup Kitchen begin, waar sy tans ongeveer 100 kinders, sowel as enkele volwassenes elke Maandag van 'n voedsame maaltyd voorsien.
Broers, Lohan en Johandré Potgieter, bekend as 'n jong evangelis en motiveringspreker, het die sopkombuis geborg. Hulle het ook daar gaan gesig wys om te sien wat Ignacia vermag.
"Ek reik nou ook uit na buurtwaglede voor hulle uitgaan om 'n onbaatsugtige diens aan die gemeenskap te verrig," vertel Ignacia.
Lohan Potgieter (middel) en sy broer Johandré, 'n bekende evangelis het die CDC Soup Kitchen ondersteun. Ignacia en haar man, Francois, is onderskeidelik links en regs.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'