Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Weldoeners betrokke by ‘n voedingsprojek het vanoggend met skok ontdek dat boosdoeners by die EK Primêre Skool, wat een van die Covid-19-groep se verspreidingspunte vir kospakkies is, ingebreek het.
Volgens inligting, het die verdagtes toegang tot die kombuis verkry deur vensters stukkend te slaan.
“Die skool was uitgesorteermet kos vir ‘n week of twee. Hulle het alles gevat. Dit is baie kleinlik. Mens voed die gemeenskap en nou byt hulle die hand wat hulle voed,” sê een van die Covid-19-groep se verteenwoordigers.
Navrae oor die voorval is aan die Mosselbaai-polisiestasie gerig.
Navrae oor die voorval is aan die Mosselbaai-polisiestasie gerig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'