MOSSELBAAI NUUS - Die immergroen Sonja Herholdt tree op 7 November by twee geleenthede op met die oog daarop om vir Woordbediening geld in te samel.
Herholdt is by ReedValley te siene om 08:30 vir 09:00, waar sy as sanger en motiveringspreker sal optree.
Kaartjies kos R150 en sluit verversings in. Slegs 200 kaartjies is beskikbaar en kan verkry word by Johan Nel (044 690 7882). Geld word aan Arbeidsbediening geskenk.
Indien jy die oggend misloop, is daar in die namiddag ‘n verdere geleentheid waar Herholdt tydens ‘n buitelug-gospelkonsert sal optree.
Ander kunstenaars wat ook hier te siene is, is Michael Lindt, Erik, Greta en Innes Benadé. Die geleentheid vind om 12:00 plaas. Kaartjies hiervoor is slegs aanlyn by www.reedvalley.com/shows beskikbaar.
Feeskosse en drinkgoed is te koop. “Bring gerus kampeerstoele en piekniekkomberse saam.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'