MOSSELBAAI NUUS - Op Donderdag, 23 Augustus het die polisie se honde-eenheid en taakspanlede die sekondêre skool op Groot-Brakrivier vir dwelms of wapens deursoek.
Snuffelhonde is op die terrein van Groot-Brakrivier Sekondêr losgelaat en het die klaskamers en skoolterrein deursoek.
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais sê die fokus was om dwelms en gevaarlike wapens te vind.
"Tydens die optrede en deursoeking het die polisie op niks verdag afgekom nie."
Skoolhoof me Angela Muller sê sy is trots op die leerders en is bly dat leerders hulle nie met misdrywe op die skoolterrein besig hou nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'