MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens nooi toegewyde lede van die publiek uit om as vrywillige reserviste aan te sluit en só te help om misdaad te bekamp.
Reserviste moet energiek, intelligent, fisies en geestelik fiks wees. Aansoekvorms is van Vrydag, 23 September, beskikbaar by die Groot-Brakrivier-polisiestasie.
Vir enige navrae, skakel sers Lauriane Botha tussen 08:00 en 16:00 by 073 551 7358. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 9 Oktober 2022.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'