MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens benodig persone wat energiek, intelligent, fiks en toegewyd is om hul gemeenskap op ‘n vrywillige basis te dien.
Geen finansiële vergoeding sal aan reserviste gegee word nie. Aansoekers moet ‘n minimum van 16 ure per maand vrywillige dienste verrig.
Basiese aanstellingsvereistes is:
- SA burger
- tussen 20 en 50 jaar oud
- mediese toetse (fisies, psigiese, asook psigometriese welstand)
- goeie en gesonde karakter wat deur onder andere agtergrond navrae bepaal word
- graad 12-sertifikaat
- moet twee amptelike tale kan praat en skryf, waarvan een Engels moet wees.
- vingerafdrukke en DNA-monster sal geneem word
- voltooiing van ‘n behendigheidsvraelys
- aansoeker sal gekeur en nagevors word
- sal ses maande opleiding gedurende naweke en na-ure ontvang
- mag nie ‘n kriminelere kord of uitstaande kriminele/departementele sake teen hulle hê nie
- geen sigbare tatoeëermerke terwyl uniform gedra word mag sigbaar wees nie
- dwelms en ook die oormatige gebruik van alkohol is nie toelaatbaar nie
Om in aanmerking te kom moet gesertifiseerde kopieë van ID, bestuurslisensie en huweliksertifikaat (indien van toepassing) asook bewys van woonadres en werk/besigheid verskaf word.
Aansoekers wat tans werksaam is sal voorkeur kry.
‘n Onderhoud sal gevoer word deur ‘n SAPD-paneel indien aansoeker gekortlys is en psigometriese geslaag het. Vir meer besonderhede kontak ao Amanda Lordan by die Mosselbaai-polisiestasie op (044 606 2800/5). Ao. Liesle Coetzee op (044 606 5613) by KwaNonqaba-polisiestasie en ao Hein Meyer op (044 606 2200) by Da Gamaskop-polisiestasie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'