MOSSELBAAI NUUS - 'n Sleepathon sal op Saterdag, 3 Maart vanaf 17:00 tot Sondagoggend, 4 Maart om 08:00 by die Garden Route DBV-tak in Bill Jeffreystraat in Mosselbaai gehou word.
Die oorslaapkoste is R150 per persoon en sluit koffie en 'n muffin vir die Sondagoggend in.
'n T-hemp teen R150 elk kan op bestelling gekoop word.
Dit is belangrik dat jy jou plek vooraf by die DBV (projectsm@grspca.co.za of 044 693 0824) bespreek.
Almal gaan die Saterdag vanaf 17:00 saam rondom 'n groot vuur met hulle piekniek-mandjies kuier.
As jy wil, kan jy 'n DBV-hond of -kat vir 'n stappie of play date neem.
Om 20:00 is dit slaaptyd, tyd om na jou hondehok te gaan en jou woef of kat 'n bederfie te gee.
Sondagoggend om 07:00 kan jy die sonopkoms met 'n stappie saam met 'n DBV-hondjie geniet.
Geniet ook 'n koppie tee of koffie en 'n muffin voor jy huis toe gaan.
Wanneer jy jou plek bespreek ontvang jy ook 'n borgvorm om besighede en vriende te vra om jou te borg.
'n Prys sal toegeken word aan die persoon wat die meeste geld insamel.
Bring saam:
- Jou eie piekniekmandjie.
- 'n Bederfie vir 'n DBV-hond of -kat.
- Slaapsak, kussing, koplamp, battery radio as jy wil.
- 'n Leiband vir jou woef.
Die DBV sal bederf-pakkies verkoop teen R50, wat 'n pakkie 775 gram sagte hondekos in sluit, asook Beenos treats en 'n speelding.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'