MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit vra die publiek se hulp om die eienaar van 'n slang op te spoor.
Die slang is deur personeel van Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdiens naby die St Blaze-kompleks verwyder.
"Die slang is besonder goed versorg en dit is hoogs waarskynlik dat dit as 'n troeteldier aangehou is," noem 'n woordvoerder van die munisipaliteit.
"Ons benodig inwoners se hulp om hierdie slang se eienaar op te spoor. Die wettige eienaar van die goedversorgde slang kan die Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdienste skakel om dit op te eis. Die eienaar sal bewys van eienaarskap moet lewer sovel as permit vertoon."
Enige persoon met inligting kan 044 606 5107 of 044 606 5121 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'