MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk in Herbertsdale, is besig om fondse in te samel vir 'n kospakkieprojek. Koppe is bymekaargesit en daar is besluit om 'n staptog in die natuur aan te bied.
"Ons nooi almal wat wil saamstap, om op Saterdag, 18 September, om 09:00 bymekaar te kom op die plaas, Elandsdal, waar Willie en Annelize Barnard woon. Dit is in die Blandsdriftwyk.
Bring jou sonhoed, jou stapkierie en jou vol waterbottel, en kom deel in hierdie prettige stap van ongeveer 8km."
Donasies van R50 per stapper word gevra.
"U kan egter meer gee indien u wil, maar dis u keuse."
Vir meer inligting, stuur e-pos na himvredehof@gmail.com of skakel 073 351 6877.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'