MOSSELBAAI NUUS - Twee skote is gisteraand afgevuur toe 'n gewapende man 'n winkel in Mzolastraat by Asla Park op Mosselbaai probeer beroof het.
Die omstandighede van die voorval is steeds onduidelik maar 'n voorlopige ondersoek dui daarop dat die gewapende verdagte die winkel binne gegaan het waarna die werknemer wat in die winkel was, uitgehardloop het.
Die verdagte het twee skote afgevuur.
Nog twee verdagtes het buite gewag en die drie het toe saam weggehardloop. Niemand is in die voorval beseer nie.
Die Mossel Bay Advertiser het navrae aan die polisiewoordvoerder gerig en wag op kommentaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'