MOSSELBAAI NUUS - Tydens die laaste munisipale raadsvergadering van 2021 vandag, Donderdag 2 Desember, het die uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzè aangekondig dat die munisipaliteit 'n skoon finansiële oudituitslag vir die afgelope verslagjaar van die Ouditeur-Generaal ontvang het.
Kotzè het die waarnemende munisipale bestuurder, Colin Puren, asook die finansiële direkteur, Orlando Fredericks en span gelukgewens.
Hy het ook die portefeuljevoorsitter van finansies, raadslid Mark Furness lof toegeswaai.
“My opregte dank aan aan die direksie en elke munisipale amptenaar vir hul aandeel in hierdie prestasie.”
Die raad sal in reses wees vanaf 10 Desember tot 9 Januarie 2022.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'