Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Soos 'n oogwink is nog 'n matriekgroep se skooljare verby. Kan dit dieselfde klein graad eentjie wees wat vandag, 12 jaar later, as 'n pragtige jong man of vrou by die skoolhekke uitstap? Dit is van die gedagtes wat in menige matriekouer se kop gemaal het vandeesweek. Net 'n eksamen wat tussen skoolbanke en die grootmenswêreld
Hoërskool Punt het weer, soos in die verlede, op 'n baie mooi manier van 'n pragtige groep jongmense afskeid geneem.
Die verrigtinge het met 'n saalbyeenkoms begin waar die ouers ook teenwoordig was. Heerlike tee en verversings is hierna deur die ouers, leerders en personeel geniet.
Toe het die groot oomblik, en jarelange tradisie, aangebreek. Die uitgelate groep graad 12's het na die Poort by die Punt gestroom waar hulle, met skoolklere en al, in die sloep ingespring het. Sommige kon nie wag om te spring nie terwyl ander maar huiwerig was, maar darem met die aanmoediging van hul vriende wel ingespring het.
Die mammas en pappas het oral 'n plekkie gesoek waarvandaan hulle die springery kon dophou. Dit was 'n pragtige, sonskyndag en die jongmense het die water geniet, hoewel die water glo nog steeds maar bitterlik koud was.
Kyk 'n video hieronder:
"Ons groet ons matrieks en wens hulle sterkte toe met die groot eksamen wat voorlê. Hoërskool Punt wens julle 'n baie mooi toekoms toe en mag julle elke dag van hoog na hoër, soos Punt se leuse sê, leef."
Die jongmense het die water geniet, hoewel die water glo nog steeds maar bitterlik koud was.
Die jongmense het die water geniet, hoewel die water glo nog steeds maar bitterlik koud was.
Die mammas en pappas het oral ‘n plekkie gesoek om die springery dop te hou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'