GROOT BRAKRIVIER NUUS - ‘n Roudiens word vanaand gehou vir die ontslape skoolhoof van Groot-Brakrivier Sekondêre Skool, Angela Muller.
Sy is op Kersdag aan ‘n hartaanval oorlede.
Die roudiens is vanaand in die NG Kerk, Watsonialaan, Greenhaven in Groot-Brakrivier om 19:00.
Die begrafnisdiens is op Saterdag, 4 Januarie om 09:00 by die oorledene se huis in Greenhaven en daarna by die NG Kerk in Watsonialaan om 10:00.
“Alle skoliere wat die dienste bywoon, word versoek om hullle skooluniform aan te trek.”
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'