Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Monique Best is op 1 Maart in Kambodja gekroon as Mej Planet International. Sy is ook in 2016 as Mej SA Junior gekroon.
Hierdie pragtige jong vrou is van George waar sy aan Outeniqua Hoërskool gematrikuleer het.
Nadat sy die Mej SAU Junior-titel ingepalm het, is sy deur RCA Models gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Miss Planet-kompetisie.
Sy is ook 'n aktrise en haar eerste rolprent, The Furnace, word later vanjaar bekendgestel. Die rolprent is in Suid-Afrika verfilm en deur Scott Cooper geredigeer, met bekende akteurs soos Casey Affleck.
Monique gaan vir die volgende jaar die wêreld deurkruis om soveel as moontlik bewustheid te kweek oor besoedeling en klimaatsverandering en wat die invloed daarvan op mens en dier is.
Haar besoek aan SAPREC (Seabird and Penguin Rehabilitation Centre) in Mossdustria buite Mosselbaai Woensdag, was deel van die kennis wat sy nou opbou om te gaan praat oor bedreigde spesies soos die Afrik-pikkewyn.
Sy het ook 'n besoek aan die Shark Lab by die Punt gebring.
Kyk 'n video hieronder.
Monique kon Woensdag eerstehands met die bedreigde Afrika-pikkewyn kennis maak.
Monique het ook 'n pak sardyne, wat die stapelvoedsel van die pikkewyne is, aan Carol oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'