Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die speaker van die Wes-Kaapse provinsiale parlement, Masizole Mnqasela, het vandag, 10 November by Diaz Primêre Skool kinderharte verbly toe skoolskoene aan die leerders uitgedeel is.
Die geleentheid is deel van ‘n skoolskoenprojek wat deur die Wes-Kaapse regering van stapel gestuur is. Plaaslike raadslede het ook die geleentheid bygewoon.
Die projek is aangepak in samewerking met Youth 4 Life en Samaritan’s Feet South Africa.
Volgens Madri Schuch (Yourh for Life) is meer as 2000 pare skoene reeds in die Wes-Kaap versprei.
Tydens die oorhandiging, het die speaker, raadslede en onderwysers van die skool leerders persoonlik ontmoet, die ou skoene uitgetrek, die leerders se voete gewas en die nuwes vir hulle aangetrek.
Fotogalery: Skoolskoene verbly kinderharte
Tydens die persoonlike gesprekke is kinders uitgevra oor hulle toekomsdrome. “Ons deel nie vandag skoene uit nie, ons saai saad van hoop,” het die speaker, Masizole Mnqasela gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'