TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Danksy 'n skenking van talle handgebreide items soos mussies, truie, bedsokkies, serpe en ander klerasie, sal plaaswerkers en hulle kinders die res van die winter warmer tegemoet kan gaan.
Die goedere is aan Suid-Kaap Forum geskenk en is deur Ben Baartman, 'n munisipale werker van Gouritsmond in ontvangs geneem.
Baartman is aktief in die gemeenskap betrokke en sal die items waar daar behoefte op plase is, uitdeel.
Van die ander items, wat 'n hoeveelheid babaklere insluit, is aan die Heart-to-Heart Care Centre op Mosselbaai geskenk.
Die organisasies werk onder meer met jong moeders en hul babas. "Ons is baie dankbaar oor die skenking," het Heart-to-Heart se direkteur, Erica Caetano gesê. "Ons het nie meer voorraad gehad om uit te deel nie waar dit baie nodig is nie."
Samantha Boesak van Heart-to-Heart met van die babaklere wat net betyds geskenk is aangesien hul voorraad uitgeput is.
Kindermussies en ander gebereide items is broodnodig meen Samantha Boesak van Heart-to-Heart.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'