MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers word herinner om oud-inwoner Curt Baker se jaarlikse skoolskoeneprojek te ondersteun.
Die projek loop 16 Januarie - Curt se verjaarsdag - ten einde.
Curt sê: "Omdat die skole altyd rondom my verjaarsdag heropen, het ek ses jaar gelede besluit ek wil my verjaarsdagvreugde deel deur skoolskoene aan minderbevoorregte kinders te skenk.
"Ek glo dat elke kind op sy eerste skooldag 'n ordentlike paar skoolskoene moet hê."
Curt span sosiale media in om mense te werf om deel te neem aan sy projek. Hierbenewens ondersteun sy familie en vriende in Mosselbaai ook die projek.
"Omdat ek nou amper vier jaar permanent in die Kaap werk en soveel mense ontmoet, doen ek die projek beide in Mosselbaai en in die Kaap met wie ookal wat in Mosselbaai en die Kaap skoolskoene skenk. Hierdie jaar gaan die skoene aan drie skole, insluitend 'n skool in die Kaap."
As enigeeen betrokke wil word, kan hulle Pam Baker kontak (073 412 9604) of skoolskoene aflaai by 34 Dial Brandstraat, Uitbreiding 6.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'