MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai, wat vir meer as 31 jaar as sjef gewerk het en verskeie jare daarvan op oliebore op die see, is onlangs deur sy kollegas bederf toe hy afgetree het.
Melvyn Michaels (66) woon in Uitbreiding 13 en het in 1979 as sjef begin werk. Hy het onder meer opleiding in die Kaap gekry.
Meer as 15 jaar van sy loopbaan was op oliebore. "Ek het op vyf oliebore in Mosselbaai en Hondeklipbaai se water gewerk."
Vanaf 1984 was Melvyn altyd in 'n senior posisie in die kombuis.
Wanneer Melvyn nie agter die kospotte inskuif om vir ander mense kos te kook nie, geniet hy dit om vir homself koolbredie, patas en beet te maak. 'n Hoogtepunt in sy loopbaan was beslis toe hy in Angola as sjef gewerk het.
Sy kollegas en vriende het onlangs vir hom 'n groot sjokolade koek gebak en sy aftrede saam met hom gevier.
Melvyn se vriende en kollegas het spesiaal hierdie koek vir hom gebak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’