Gallery
SPORTNUUS - Sewe jukskeiklubs van die omgewing het Saterdag, 23 September, by die Hartenbos jukskeibane sake uitgespook as deel van die Mosselbaai Sport en Rekreasie Fees.
Altesaam 39 spelers het die dag deelgeneem met spelers wat van so vêr as Beaufort-Wes gekom het, om die dag met die Hartenbos spelers mee te maak.
FOTOGALERY: Sewe jukskeiklubs in Hartenbos
Die klubs wat aan die kompetisie deelgeneem het was Hartenbos, Groot Brak, Danabaai, Albertinia, Stilbaai, Riversdal en Beaufort-Wes. Die dag is drie-spelle gespeel.
Die uitslae vir die dag is:
A-Afdeling
- Hartenbos A1 - 60.5; 2. Hartenbos A2 - 44.
B-Afdeling
- Riversdal - 30.5; 2. Albertinia - 30.5; 3. Hartenbos - 30; 4. Danabaai - 29.5.
C-Afdeling
- Hartenbos C1 - 55.5; 2. Hartenbos C3 - 52; 3. Stilbaai C1 - 52; 4. Stilbaai C2 - 51; 5. Groot Brak - 49; 6. Hartenbos C2 - 43.5; 7. Albertinia - 42.
Elna van der Berg van die Mosselbaai-jukskeiklub maak seker die skei tref die pen. Foto: Jannie du Plessis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’