MOSSELBAAI NUUS - Gistermiddag, Saterdag 12 Mei omstreeks 15:20 is nooddienste ontbied na ‘n ongelukstoneel op Louis Fourieweg waarin drie voertuie, onder meer ‘n bussie wat skoolkinders vervoer het, betrokke was.
Volgens inligting was die skoolbus wat leerders van ‘n plaaslike laerskool vervoer het op pad terug van ‘n sportbyeenkoms was, toe dit met ‘n bakkie gebots het.
Die impak het glo veroorsaak dat die bakkie nog ‘n voertuig getref het.
Sewe mense is tydens die botsing beseer en na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Die pasiënte se toestand word as stabiel beskryf.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'