MOSSELBAAI NUUS - Die personeel van die Thusong Biblioteek in KwaNonqaba het hul Madiba-tyd by die KwaNonqaba Dienssentrum deurgebring.
‘n Paar maande gelede het die personeel in die Mossel Bay Advertiser gelees dat die senior burgers van die dienssentrum se mikrogolfoond gesteel is. Die personeel het toe besluit dat hul bydrae gaan wees tot Nelson Mandela se 67 minute-dag.
Elkeen het ‘n bygedra om ‘n mikrogolfoond vir die dienssentrum te koop en te skenk. Dinsdag het die oggend aangebreek en is die mikrogolfoond en koek vir hulle geneem.
Die bejaardes was só bly.
Hulle sê dit is ‘n antwoord op hul gebede. Hulle kan nie wag om dit te begin gebruik nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'