MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se personeel verbonde aan die Thusong Biblioteek in KwaNonqaba het hul Madiba-tyd by die KwaNonqaba Dienssentrum deurgebring.
'n Paar maande gelede het die personeel in die Mossel Bay Advertiser gelees dat die dienssentrum se mikrogolfoond wat deur die senior burgers gebruik is, gesteel is.
Die personeel het toe besluit dat hul bydrae tot die omgee-gees wat die huldiging van oudpresident Nelson Mandela kenmerk gaan wees om die mikrogolf te vervang.
Elkeen het 'n bydrae gemaak en Dinsdag is die mikrogolfoond en heerlike koek na die dienssentrum geneem. Die senior burgers was só bly. Hulle het die skenking as 'n antwoord op hul gebede beskryf en kon nie wag om dit te gebruik nie.
Senior inwoners was baie opgewonde om hul nuwe mikrogolfoond te ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'