MOSSELBAAI NUUS - Die Seemeeupark Support Network NPC is ‘n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy wat onlangs deur inwoners van dié woonbuurt tot stand gebring is.
Hulle is ernstig wanneer dit oor die veiligheid, sekuriteit en welbehae van Seemeeupark en sy inwoners gaan.
Tydens ‘n bekendstellingsgeleentheid van die maatskappy, het Quintin Greyling, die hoof uitvoerende beampte van die instelling, verduidelik dat die inisiatief hoofsaaklik ten doel het om deur doelgerigte en effektiewe voorkomingsmaatreëls die woonbuurt veilig en vry van misdaad te hou.
Burgermeester, raadsheer Dirk Kotzé, het die gemeenskap geluk gewens met die inisiatief, en verder vermeld dat die munisipaliteit eweneens veiligheid en sekuriteit as hoë prioriteit beskou. Riaan Cruywagen, bekende nuusleser van die SAUK, en ook ‘n plaaslike inwoner van Seemeeupark, het sy gelukwense oorgedra en sy dankbaarheid en waardering teenoor die bestuurspan betuig.
‘n Inligtingsvergadering word op Dinsdag, 26 Julie om 18:30 te Judah Ministries se lokaal in Seemeeupark gehou en word hiermee ‘n uitnodiging gerig aan alle belanghebbendes en belangstellendes, om die vergadering by te woon.
LEES MEER IN MOSSEL BAY ADVERTISER EN KYK DIE VIDEO OP MOSSEL BAY ADVERTISER SE WEBBLAD OP 29 JULIE.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'