Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaaiers het die afgelope week asem opgehou oor die effek wat die olieagtige neerslag wat op verskeie plaaslike strande voorgekom het, op die vakansieseisoen sou hê.
Die meeste strande is egter intussen opgeruim nadat die Mosselbaai-munisipaliteit teen Dinsdag, 29 November inderhaas van hierdie strande moes sluit.
FOTOGALERY: Seelewe en die impak van oliestorting
Vakansiegangers en inwoners van Mosselbaai kan egter van die olieagtige neerslag ontsnap, maar die seelewe kan nie. Só sê 'n voormalige voorsitter van verskeie bewareas in die Mosselbaai-gebied, Fred Orban.
"Hoewel die strande opgeruim word, het die effek van wat gebeur het 'n kortstondige impak op die mens. Die groter prentjie en die effek van die besoedeling het 'n baie groter impak op die seelewe en elke dier in die oseaan en op die strand word daardeur geraak," sê Orban.
Marinebioloog dr Gwenith Penry sê die diere wat die meeste deur die voorval bedreig word, is die seevoëls.
"Krities bedreigde pikkewyne en ook ons seevoëls soos die swarttobie en seemeeue sal die swaarste daaronder ly."
"Wasgeriewe is by die strande voorsien vir strandgangers se gerief. Die seelewe kan egter nie die oliekorrels afwas nie," sê Penry.
Olieagtige neerslag is op verskeie strande in die Tuinroete opgemerk.
Blouvlagstrande
Mosselbaai spog met vyf Blouvlagstrande en hierdie vlae is op Donderdag, 1 Desember gehys. Teen die ter perse gaan, was bykans al die strande reeds vir die publiek oop verklaar maar was die oorsprong van die besoedeling nog nie bekend nie.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het die afgelope week oor die kusgebied gevlieg om die oorsprong van die olieagtige neerslag te probeer bepaal.
Intussen is 'n vlagstelsel ingestel wat die toestande van strande aandui. Groen is vir 'n skoongemaakte strand, oranje dui daarop dat daar nog oliekorrels op die strand is en 'n rooi vlag dui op 'n hoë vlak van besoedeling. Die opruimingsaksies duur voort.
VIDEO - Fred Orban, omgewingskundige van Mosselbaai.
VIDEO - Fred Orban, omgewingskundige verduidelik die uitwerking van die oliebesoedeling op mens en natuur.
Omgewings- en kusbestuur-diensverskaffer Craig Viljoen, is deur die Mosselbaai-munisipaliteit gekontrakteer om te help om die strande op te ruim.
Wasgeriewe is by die strande voorsien vir strandgangers se gerief.
Vorige arikels:
- PetroSA issues statement on oily substance
- 5 besoedelde strande in Mosselbaai-gebied weer oopgestel
- Oil spill on beaches in Mossel Bay
- Closure of Beaches - Oil spill detected
- Mosselbaai strande sluit na oliestorting
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'