Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Twee onlangse voorvalle van diefstal by die Mosselbaai Waterfront, het lof vir lede van die polisie se seegrens-eenheid ingeoes.
Albe Durand, bestuurder van die Mosselbaai Waterfront het aan Mossel Bay Advertiser vertel dat hy twee weke gelede 'n springkasteel opgeslaan het, maar die volgende dag was die motor weg. Dit is per abuis buite gelaat toe die springkasteel opgeblaas is.
Die seegrens-eenheid is gekontak en een van die polisiemanne het die motor onder 'n boot opgespoor waar dit weggesteek is om later te kom haal.
Nie lank daarna nie, daag die dief toe op met 'n sak en is vasgetrek.
Greg Aberdeen, nutsman by die waterfront vertel dat hy so week en 'n half gelede vir 'n paar oomblike weg van sy werkswinkel was. Met sy terugkeer was sy selfoon weg.
Videomateriaal op die sekuriteitskameras is nagegaan en daar is gesien hoe 'n vrou sy selfoon steel.
'n Skermgreep van die vrou is na die seegrens-eenheid gestuur en binne 'n uur het Aberdeen sy selfoon teruggehad.
Die betrokke polisieman het binne 15 minute by die waterfront aangekom met die vrou wat die selfoon gesteel het.
Sy het die diefstal eers ontken, maar die getuienis teen haar was verdoemend. Hierna het sy gebieg dat sy die selfoon by 'n onderneming in die sakekern verkoop het.
Die polisie is toe saam met die verdagte na die onderneming, waar die koper gesê het hy het die selfoon in Asla Park verkoop.
Daar het die polisie die sim-, asook datakaart in die besit van 'n man gekry wat gesê het hy het die foon op sy beurt aan 'n winkeleienaar verkoop. By dié betrokke winkel is die selfoon gevind en aan Aberdeen terugbesorg.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'