MOSSELBAAI NUUS - Die Vrouenetwerk van polisie se Seegrenseenheid onder leiding van kol Mpato het besluit om 'n wesenlike verskil in die lewe van ander te maak.
Op Woensdag, 6 Maart het hulle die bejaarde mev Shisana verras deur haar huis behoorlik onder hande te neem en mooi te maak.
In die proses is heerlik gekuier en terselfdertyd is die bejaarde van goeie wenke voorsien om misdadigheid hok te slaan en haarself en haar familie te beveilig.
Vroue verbonde aan die Seegrenseenheid se Vrouenetwerk het uitgereik na bejaarde inwoners in KwaNonqaba.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'