MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Seebries-tehuis hou op Saterdag, 5 November vanaf 09:00 weer basaar by Ons Huis (Montagustraat 114, Mosselbaai).
Dit is een van hulle grootste fondsinsamelingsprojekte en daarom versoek hulle die gemeenskap om asseblief hierdie projek van hulle te ondersteun.
Daar gaan heerlike pasteie, koeke, koekies, terte, vetkoeke, lewerkoekies, en ook vars groente en vele meer produkte te koop wees. Daar sal selfs 'n witolifanttafel wees vir die wat op soek is na winskopies.
Die basaar is ook die ideale geleentheid om handgemaakte kersgeskenke by die uitstallers te kom koop. "Kom geniet die dag saam met ons ten bate van ons ouer persone.
Indien julle nie die basaar kan bywoon nie, maar steeds 'n donasie wil maak, kontak gerus ons kantoor by 044 690 4702," vra 'n ACVV-woordvoerder.
Seebries-tehuis is 'n NPO organisasie wat grootliks staatmaak op donasies. Hulle huisves 84 verswakte bejaardes. "Die gemeenskap se hande was nog altyd oop vir ons en ons het die grootste waardering daarvoor."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'