'n Noodalarm is ontvang vanaf 'n besigheidsperseel in D'Almeida, Chopper's Supermark. Verskeie voertuie het daarop gereageer, insluitend die Blitspatrollie, Langeberg honde-eenheid en Misdaadvoorkoming van die SAPD KwaNonqaba.
Toe die eenhede op die perseel arriveer, het hulle spoedig die vermeende inbreker aangekeer, waar hy steeds binne die plafon van die gebou geskuil het.
Hy het vermoedelik deur die onderneming se dak toegang tot die perseel gekry.
Volgens kapt Wollie Fourie, kommunikasie-beampte van die SAPD Da Gamaskop, is die vermeende inbreker 'n ou hand wat gereeld inbreek.

Ao Pierre Botes en sy hond, Elvira, van die Langeberg honde-eenheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'