MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser het ao Alistair Rezant, ondersoekbeampte by die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe bygestaan om sanitêre doekies in te samel.
"Daar is 'n groot behoefte by sekere skole in Mosselbaai. Nie alle leerders se ouers kan sanitêre doekies bekostig nie en dit veroorsaak dat meisies in sommige gevalle vir die tydperk van hul menstruasie van die skool af wegbly," sê Rezant.
Die Advertiser het 'n beroep op lesers gedoen om sanitêre doekies te skenk. Die sanitêre doekies word dan deur Rezant aan die verskillende skole geskenk.
Hy het bygevoeg: "Ons wil vir elke skenker baie dankie sê vir die verskil wat hulle in 'n kind se lewe maak."
Enigeen wat 'n soortgelyke skenking wil maak, kan dit na die Advertiser se kantoor in Kerkstraat 9, Mosselbaai bring.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'