MOSSELBAAI NUUS - Mossel Bay Advertiser vryskutfotograaf, Elaine van der Toorn het ‘n draai gemaak by Klein-Brakrivier se strand terwyl 'n kontrakteur van die Mosselbaai-munisipaliteit, Craig Viljoen en sy werkers besig is om die strandsambrele wat met die vorige storms deurgeloop het en losgespoel het, te verwyder.
Die sambrele wat nog staan, gaan ook uitgehaal word en moontlik later weer gebruik word.
Dit is tans springgety en die bekommernis bestaan dat die ander sambrele ook losgespoel word deur die branders en dat sambrele moontlik gevare kan inhou indien die water dit onder die sand begrawe.
VIDEO - Elaine van der Toorn:
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’