MOSSELBAAI NUUS - 'n Sakeman van Mosselbaai is steeds in aanhouding nadat hy onlangs in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding van sy vrou.
Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die slagoffer by verskeie geleenthede aangerand het.
Sy formele borgaansoek het op Maandag, 4 September, in die Mosselbaai-landdroshof begin.
Die saak is egter uitgestel tot Maandag, 11 September, omdat die adres waar hy sal woon, sou borg toegestaan word, nog bevestig moes word.
Vuurwapens wat in sy besit is moet ook nog ingehandig word. Die staat het aangevoer dat die sakeman nie borgtog moet kry nie omdat dit in belang van die slagoffer is en dat sy te alle tye beskerm word.
Daar is na wat verneem word 'n hangende aanranding saak teen die verdagte in Langebaan en hy het ook vorige soortgelyke oortredings.
Die verdagte bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’