Die herwinbare-ruilwinkelprojek is die Mosselbaai-munisipaliteit se "gaan groen"-projek waarby persone hul herwinbare afvalprodukte soos glas, karton, papier en plastiek kan inruil vir huishoudelike produkte soos toiletware, sanitêre produkte en voedsel.
Daar is tans twee bestaande ruilwinkels in die Mosselbaai-omgewing: Maqabangastraat in KwaNonqaba by die Barcelona Beehives en in Groot-Brakrivier by Laerskool Groot-Brakrivier.
Hierdie ruilwinkels funksioneer op 'n puntestelsel en word beman deur vrywilligers van die organisasie Piet Julies Vigs-aksiegroep en Laerskool Groot-Brakrivier.
Die Barcelonastraat-ruilwinkel is oop op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 13:00-15:00.
Die Groot Brak-ruilwinkel is daagliks oop na skool-ure, aangesien die ruilwinkel deur een van die onderwysers beman word.
Die veeldoelige funksie van die ruilwinkels is om die gemeenskappe skoon te hou, om sekondêre infeksies te voorkom, om persone te help om nodige items te bekom en hul waardigheid in die proses te behou en om persone te help om CV's op te stel en om hul name op 'n databasis vir werkloses te plaas.
Die ruilwinkel is egter afhanklik van skenkings en daarom word daar 'n beroep gedoen op besighede, skole, kerke en die gemeenskap van Mosselbaai om items te skenk vir die ruilwinkel om effektief te funksioneer.
Enige skenkings soos toiletware, sanitêre produkte, skoonmaakmiddels en voedsel produkte sal verwelkom word.
Skenkings kan afgegee word by die munisipale kantore in Witwatersrandweg op Hartenbos. Vir navrae, kontak 044 606 5251.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'