MOSSELBAAI NUUS - 'n Rower wat een van vier verdagtes betrokke by 'n rooftog in September 2019 was, sal lank in die gevangenis kan nadink oor sy misdaad.
Op 1 September 2019, het twee mans omstreeks 06:00 in Sampsonstraat, Uitbreiding 13 gestap toe hulle deur vier verdagtes voorgekeer is. Die verdagtes was bewapen met 'n kapmes, twee messe asook 'n byl. Hulle het die twee voetgangers gedreig en hulle beroof van 'n kontantbedrag van R180 asook 'n selfoon.
Een van die verdagtes, Anele Mthanyama is na die voorval opgespoor en in hegtenis geneem.
Mthanyama is in die Mosselbaai-streekhof verhoor en gevonnis. Mthanyama is tot sewe jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, asook 'n addisionele vier jaar wat vir 'n periode van vyf jaar opgeskort is.
Die ondersoekbeampte in die saak was kst Nelly Manyontha van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'