MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat 'n 24-jarige vrou in haar woonstel met 'n vuurwapen gedreig en van haar skootrekenaar en selfoon beroof het, is onlangs in die Mosselbaai-streekhof tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die slagoffer was op 15 September 2019 om 19:15 in haar woonstel by De Bakke en het die skuifdeur op 'n skrefie oopgelos.
Die beskuldigde, Navin Jansen het so toegang tot die woonstel gekry.
Op 17 September het knst Sherman Kiewiets en sers Dial Brandt vir Jansen in Uitbreiding 8 op Mosselbaai in hegtenis geneem en ook die skootrekenaar in sy besit gevind.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'