MOSSELBAAI NUUS - Toe Rosie Venter (10) as klein dogtertjie modelwerk gedoen het, het sy omtrent aandag getrek. Sy was egter jare laas op die loopplank te siene. Min het sy dus kon dink dat 'n selfie vir haar 'n plek in van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse sangers se musiekvideo sou besorg.
Rosie het aan die FotoFokus-kompetisie deelgeneem en vir haar 'n plek in Irene-Louise se musiekvideo, We Belong losgeslaan.
Volgens Model SA, wat die kompetisie aangebied het, se webtuiste is soveel inskrywings ontvang dat hulle die kompetisie voortydig moes sluit. Charlize Berg en Irene-Louise van Wyk, wat beide nuwe musiekvideos verfilm, het besluit om van hierdie opkomende modelle en akteurs te gebruik.
Die finaliste wat die kompetisie wen, kry ook 'n kort onderhoud wat saam met die musiekvideo op televisie uitgesaai word.
Rosie het in die proses ook 'n beurs ontvang om vir 'n jaar lank 'n dramakursus onder Desire Gardner te voltooi. Op die koop toe is sy ook deel van Mej SA Fototgenies.
Volgens Rosie se ma, Rosie stel haar dogter nog altyd baie belang in die verhoog en geniet sy onder meer redenaarskompetisies.
"Ons het werklik net vir die regte mens gewag om haar op te lei en te sien waarheen dinge kan ontwikkel."
Die wenners van die FotoFokus-kompetisie is Maandag, 3 Mei aangekondig.
Rosie is 'n leerder aan Laerskool Park.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'