MOSSELBAAI NUUS - In Junie vanjaar is ‘n persoon deur ‘n verdagte man met ‘n mes gedreig en beroof.
Die voorval het op 21 Junie om 18:30 plaasgevind en die verdagte in die saak ontduik steeds die gereg.
Enige persoon wat weet waar Duran Jansen (21) hom bevind, word versoek om ao J Yssel van die Da Gamaskop-polisie te kontak (044 606 2200).
“Inligting verskaf wat lei tot die arrestasie van die verdagte, sal goed beloon word.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'