Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Volwasse Kaapse pelsrob wyfie is vanoggend op Hartenbosstrand vrygelaat nadat sy sedert Maandag by Dr Frans De Graaff se Dierehospitaal behandel is.
Dit volg nadat sy Sondag by die Punt uit die see gekom en op die parkeerarea gaan lê het waar vrywilligers van S.M.A.R.T haar gemonitor het.
Sy is Maandagoggend gevang en na die Dierehospitaal geneem waar ontdek is dat sy 'n pen van 'n Duiwelsvis (Ray) in haar het.
Die pen het vanself migreer en vanoggend uitgeval waarna die rob suksesvol vrygelaat is deur S.M.A.R.T.
Kyk 'n video hieronder.
S.M.A.R.T vrywilligers besig om die rob vry te laat op Hartenbosstrand.
Die pen wat uit die rob gekom het.
Die pen wat uit die rob steek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'