Dit volg nadat ‘n rioollyn óf verstop, óf gebars het.
Munisipale werkers is op die toneel en waarsku verkeer om stadiger te beweeg om te verhoed dat die vrot water teen die voertuie opspat. Werkers beweeg van inspeksiepunt tot inspeksiepunt om die oorsaak van die rioolstorting op te spoor en te herstel. Hulle wou nie spekuleer oor hoe lank die riool steeds oor die pad sal stroom nie.
Volgens die eienaar van Blue Waters, mnr Bennie Badenhorst, is dit ‘n herhalende problem waarmee hy reeds vir jare sukkel. Hy het aan die Mossel Bay Advertiser gesê rou riool spoel gereeld tot op die strand en in die see, en dat hy al by herhaling die probleem onder die owerhede se aandag gebring het.
