Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Boere van die Herbertsdale-omgewing het verlede week gebaat by 'n Afriforum inisiatief, in samewerking met Mosselbaai-munisipaliteit om die fluitjiesriete in die driffie in Voorbaai langs Louis Fourieweg vir veevoer te oes.
'n Kontrakteur waarvan die munisipaliteit gereeld gebruik maak om die riete te sny was weer eens betrokke waarna Cobra Transport dit met 'n interlink-vragmotor na Herbertsdale vervoer het.
Volgens Alec Muller, 'n boer in die Herbertsdale-omgewing gaan die rietvoer verwerk word en aan plaaslike landbouers, wat ernstig deur die huidige droogte geraak word, versprei sal word.
Fluitjiesriet kan as ruvoer vir dierevoeding gebruik word en die droë fluitjiesriete word gemaal en met voermol en melassemeel gemeng. Die riete het 'n baie hoë veselinhoud. Fluitjiesriet kan ook ingekuil word om goeie gehalte kuilvoer te maak.
Die inisiatief het op Donderdag, 5 Desember in die driffie naby Mosselbaai Volkswagen in Voorbaai plaasgevind.
Kyk 'n video hieronder:
Kobus Neethling van Afriforum Mosselbaai het al die betrokke instansies bedank vir hul bydraes om die boere van Herbertsdale te kan bystaan in die tyd van nood. "Groot dank gaan aan alle rolspelers wat uit hul pad gegaan het om die gemeenskappe in die droogtegeteisterde areas van hulp te wees."
Mosselbaai-munisipaliteit se verkeersbeamptes wat ook op die toneel om veilige verkeersvloei te verseker.
Verskeie instansies het bygedra tot die sukses van die operasie.
Die fluitjiesriete word hier gesny in die driffie langs Louis Fourieweg.
Fluitjiesriet kan as ruvoer vir dierevoeding gebruik word.
Lees 'n vorige artikel: Rietvoer na Herbertsdale boere
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'