MOSSELBAAI NUUS - Dis Oktober en die uurglas loop vinnig leeg om deel te kan neem aan vanjaar se Kansa Relay for Life (RFL).
Hierdie besonderse staptog waaraan spanne deelneem vanaf 26-27 Oktober word vanjaar weer by die ATKV-amfiteater in Hartenbos aangebied.
Die komitee wat vir vanjaar se geleentheid verantwoordelik is, het verlede week 'n beplanningsessie by die amfiteater gehad om seker te maak dat vanjaar se RFL weer eens 'n groot sukses sal wees.
Soos in die verlede, is hierdie geleentheid 'n ideale spanboutyd. Daar is vermaak vir die hele gesin en ook stalletjies met allerlei lekkernye om onder andere die kake aan die roer te hou terwyl die stappery deur die nag voortduur. Tydens die Kansa RFL word daar hulde gebring aan kankeroorwinnaars, sorggewers asook diegene wat die kankerstryd verloor het. Toeskouers en individuele deelnemers is ook welkom om die geleentheid by te woon.
Vir meer inligting, kontak Margaret Bhana (084 508 2082).
Van die komiteelede wat aan die stuur van sake vir vanjaar se Kansa Relay for Life staan (van links) Ernie Jacobs, Connie Peterson en Alida Calitz. Voor Links: Margaret Bhana, Alicia Jansen van Vuuren, Amelia Thiart en Francois Thiart. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'