MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse vlagspronge by die Dias & Portfees op Mosselbaai het vandag almal beïndruk met die enorme groot Suid-Afrikaanse vlag.
Oudergewoonte vertoon valskermspringers tydens die vlagspronge die vlae van die onderskeie deelnemende lande en die vernaamste borge.
Vanjaar het die Suid-Afrikaanse vlag, wat volgens Gladys Stadler 28m x 18m en 25 kg weeg, toeskouers behoorlik twee keer laat kyk. Gladys het op Kolie Visser, die befaamde Mosselbaai-fotograaf se facebook-blad reageer. Die foto word met Kolie se vergunning gebruik. Besoek gerus sy facebook-blad vir nog pragtige foto’s van die vlagspronge.
Die skaal van die vlag kan gemeet word teen die outentieke Pavillion-gebou in die agtergrond, en skep waardering vir die grootte van die vlag.
Die skaal van die vlag kan gemeet word teen die outentieke Pavillion-gebou in die agtergrond. Foto's: Kolie Visser
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'