Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Met die pas geïmplementeerde vlak 4 van die Covid-19-regulasies wat op 29 April in die staatskoerant verskyn het, is voedselproduksie en die aflewering daarvan nou vermeerder.
Restaurante is die geleentheid gegee om permitte te bekom om warm kos voor te berei vir aflewering.
Die Mossel Bay Advertiser het 'n paar restaurante en ondernemings wat wegneemetes verkoop besoek om te hoor hoe hulle funksioneer.
Die gewone voorskriftelike regulasies geld steeds soos sanitasie en die dra van maskers wat nou verpligtend is, asook om die sosiale afstand te handhaaf.
Die meeste van hierdie ondernemings ontvang telefoniese bestellings waarna die voorbereide disse dan afgelewer word teen ‘n fooi. Sommige aflewerings word ook gratis gedoen.
Verskeie klein besighede is baie dankbaar om weer oop te wees ten spyte van groot verliese wat hulle gely het tydens die 35 dae van inperking. In sommige restaurante word werknemers beperk of op beurtbasis gebruik om elkeen die geleentheid te gee om te kan werk.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'